Bruidjie

Hoe werk Bruidjie?

  • Maak ‘n afspraak by ons Bruidswinkel in Ruimsig, Roodepoort om ons Bruidjie voorbeeld (sample) rokke te kom aanpas.
  • ‘n 50% betaling van die kwotasie word vereis om jou trourok se bestelling in proses te sit. Na suksesvolle ontvangs van die betaling, word jou eerste afspraak geskeduleer vir mates. Jou mates sal deur ons konsultant / naaldwerkster geneem word.
  • Jou trourok word dan volgens ons verskaffer se US afmetingstabel bestel, en bestelling neem 4-5 maande om genoeg tyd vir ontwerp, vervoer en alterasie te verseker.
  • Alhoewel jou trourok volgens jou mates bestel word, is verstellings altyd nodig om die PERFEKTE pas te verseker! Alterasies word ekstra gekwoteer, en kan wissel van R500 – R1500 afhangende van die werk benodig.

LET ASSEBLIEF OOK:

  • 2-3 Alterasie passings sal benodig word vir verstellings aan jou trourok. Hierdie afsprake is slegs beskikbaar Dinsdae – Vrydae volgens ons naaldwerk-afdeling se afspraak beskikbaarheid.
  • Ons moedig jou ook aan om jou trourok na jou spesiale dag weer deur ons winkel tweedehands te verkoop met die EKSKLUSIEWE opsie, mits jou trourok voldoen aan ons vereistes. Help ons om die kringloop te volhou!
afAfrikaans